# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Jasper Wiese is vir vier wedstryde geskors na sy rooikaart tydens verlede naweek se toets teen Italië in Gqeberha. Hy sal dus Suid-Afrika se volgende wedstryd teen Georgië misloop, asook die eerste drie kragmetings van die Rugbykampioenskap – in Johannesburg en Kaapstad teen Australië, en teen die All Blacks in Auckland. Wiese sal eers weer op 13 September beskikbaar wees wanneer die Bokke in Wellington teen Nieu-Seeland speel.
Rugby: Wiese geskors vir vier wedstryde na rooikaart teen Italië