Skip to content

Rugby: Whitehead skop Griekwas na Curriebeker-glorie

# Rugby: Die gesoute losskakel George Whitehead het sy naam in die Curriebeker-geskiedenisboeke verseker toe hy die wenpunte vir die Griekwas aangeteken het om die Leeus met 27-25 te verslaan in nog ‘n dramatiese eindstryd gistermiddag op Ellispark. Die gashere het ‘n geringe voorsprong van 17-14 met rustyd gehad en met ‘n minuut oor was hulle 25-24 voor. Toe die spel hervat het die Griekwas egter die bal in die hande gekry en oomblikke later, ten spyte daarvan dat hulle balbesit verloor het, het die skeidsregter, Christopher Allison ‘n TMO-hersiening van ‘n vorige voorval aangevra. Dit het die doelbewuste afklap van die bal deur ‘n Leeu-verdediger getoon. Whitehead het met die daaropvogende strafskop geslaag om die Leeus se harte vir ‘n tweede keer in twee seisoene te breek.

Kelly Mpeku, Richard Kriel en Henco van Wyk het elk ‘n drie vir die Leeus gedruk, met Chris Smith en Lubabalo Dobela wat die res van die punte met die skoen bygevoeg het. Die Griekwas se drie drieë het gekom van Cameron Hufke, Lourens Oosthuizen en Mnombo Zwelendaba, met die held van die dag, George Whitehead, wat drie doelskoppe en twee strafdoele bygevoeg het. Hierdie oorwinning het Griekwas hul eerste Curriebeker-triomf sedert 1970 besorg, in die wêreld se oudste binnelandse rugbykompetisie.