# Rugby: Fidji se nuwe afrigter, Jake White, glo hulle kan ‘n gedugte krag wees in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië mits hy beheer en struktuur by hul natuurlike aanvoeling kan voeg. Hulle het Japan Saterdag 34-28 geklop in sy eerste wedstryd in beheer. Japan word afgerig deur Eddie Jones, wat White se tegniese raadgewer was toe hy die Springbokke in 2007 na Wêreldbeker-glorie gelei het. Albei lande vertrek nou na Europa vir die Nasieskampioenskap. Fidji speel teen Frankryk, Ierland en Italië, en Japan teen Wallis, Engeland en Skotland.
Rugby: White glo Fidji kan groot krag wees in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi