Skip to content

Rugby: Wêreldrugby se voorsitter sê Amerika is ‘n uitdagende mark

# Rugby: Die voorsitter van Wêreldrugby, Brett Robinson, erken dat Amerika ‘n uitdagende mark is voor 2031 se Wêreldbekertoernooi vir mans en die vrouetoernooi in 2033. Daar is glo vrae oor hoe Amerika die toernooie op ‘n handelsvlak gaan aanbied, gegewe die stand van die sport in daardie land. Die Springbokke en die All Blacks gaan in September vanjaar ‘n toets in Baltimore speel as deel van pogings om opwinding vir 2031 te wek. Robinson sê dit gaan alles oor die bou van momentum en verbintenis met die ondersteuners.