Skip to content

Rugby: Wêreldrugby sê die Springboktaktiek in die tweede toets teen Italië moes gestraf gewees het

# Rugby: Wêreldrugby sê die Springbokke moes gestraf geword het vir die doelbewuste kort-afskop aan die begin van die tweede toets teen Italië in Gqeberha. Die senter André Esterhuizen het voor Manie Libbok se kortskop inbeweeg, waarmee Suid-Afrika ‘n skrum op die middelkolletjie afgedwing het. Wêreldrugby sê dit was ‘n doelbewuste oortreding van die afskop- en die hervattingreël. Die Bokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, het vroeër gesê rugby behoort nie aan enigiemand nie en vernuwing moet geprys word en nie afgeskiet nie.