Skip to content

Rugby: Wêreldrugby onderhandel oor ’n Sesnasies-wedstryd in Amerika

# Rugby: Wêreldrugby het met onderhandelings begin om ʼn Sesnasies-wedstryd in die Verenigde State aan te bied in aanloop tot die 2031-Wêreldbeker. Die M&T Bank-stadion in Baltimore met plek vir 71-duisend toeskouers, is uitverkoop vir môre se vierde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Wêreldrugby se uitvoerende hoof, Alan Gilpin, sê die finansiële prestasie van die Baltimore-wedstryd bewys kommersiële opbrengste is nie meer ʼn struikelblok nie. Hy sê daar is ruimte om sommige van hierdie groot wedstryde in Amerika se speel.