# Rugby: Wêreldrugby het Engeland se bewering gehandhaaf dat hulle spelers onderwerp is aan rasse-teistering deur toeskouers gedurende ‘n onlangse toerwedstryd in Argentinië. Engeland het verlede week ‘n amptelike klagte ingedien oor die uitjouery nadat hulle 22-17 gewen het in San Juan. Wêreldrugby sê hy het saam met die Argentynse Rugbyfederasie gewerk om ‘n aksieplan te ontwikkel om geesdriftiges op te voed en sulke voorvalle te voorkom. ‘n Onmiddelike en deeglike ondersoek, insluitend verklarings deur ooggetuies en video-ontledings, kon nie die betrokkenes identifiseer nie.
Rugby: Wêreldrugby handhaaf Engeland se bewering van rassistiese mishandeling in Argentinië