Skip to content

Rugby: Wedstryd gestaak na bakleiery by skolerugbywedstryd

# Rugby: ‘n Noordvaalbeker-kragmeting tussen Hoërskool Menlopark en Hoërskool Dr. E.G. Jansen is gestaak na ‘n grootskaalse bakleiery tussen skoolseuns en ouers wat op die veld uitgebreek het. Menlopark was met 36-5 voor toe die wedstryd gestaak moes word na die lelike tonele. Video’s van die voorval het vinnig aanlyn versprei en die volle omvang van die wanorde getoon. Die voorsitter van die Noordvaal Skole-rugbyvereniging, Thinus Diedericks, het bevestig die liggaam is bewus van die voorval en stappe sal gedoen word na ‘n behoorlike ondersoek.