Skip to content

Rugby: Waugh ongelukkig oor omstrede drie wat die reeks vir die Leeus beklink het

# Rugby: Rugby Australië se uitvoerende hoof, Phil Waugh, dring aan op ‘n verduideliking van Wêreldrugby oor die omstrede drie in die tweede toets in Melbourne wat die reeks vir die Britse en Ierse Leeus beklink het. Die Wallabies het 26-24 voorgeloop toe die Leeus se heelagter, Hugo Keenan, oorgeduik het om sy span 29-26 te laat wen. Kyk-weer het moontlike vuilspel deur die Leeus-flank Jac Morgan uitgewys, maar die Italiaanse skeidsregter, Andrea Piardi, het nie saamgestem nie. Waugh sê die drie moes nie toegeken gewees het nie.