Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, is beïndruk met die diepte in die Britse en Ierse Leeus se groep vir vanjaar se toer na Australië. Andy Farrell het 15 Ierse spelers en 13 Engelse gekies, insluitend kaptein Maro Itoje, in sy toergroep van 38 wat drie toetse teen die Wallabies sal speel. Schmidt sê hy ken baie van die spelers uit sy tyd as afrigter van Ierland. Hy is ook baie beïndruk met die jong Engelse flank Henry Pollock, wat nog net 32-minute se toetsrugby gespeel het.
Rugby: Wallabies se afrigter beïndruk met diepte in Leeus se toergroep