Skip to content

Rugby: Wallabies pak selfversekerde Wallis met nuwe pak voorspelers

# Rugby: Australië se afrigter, Les Kiss, het sy pak voorspelers geskommel vir môre se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Wallis in Cardiff, en hoop op ‘n oorwinning na vier agtereenvolgende nederlae. Carlo Tizzano, kaptein Harry Wilson en Rob Valetini is die losvoorspelers en Fraser McReight skuif bank toe. Tom Hooper speel slot ten koste van Jeremy Williams, en die opdraf-voorry is Isaac Kailea, Brandon Paenga-Amosa en Taniela Tupou. Kiss verwag ‘n reuse-stryd teen Wallis, wat oorloop van selfvertroue na hulle eerste oorwinning oor die All Blacks in 73 jaar.