Skip to content

Rugby: Vyf veranderings aan Westelike Provinsie se Curriebekerspan teen Griekwas

# Rugby: Westelike Provinsie het vyf veranderings aangebring aan die span vir môremiddag se Curriebeker-wedstryd teen Griekwas in Kimberley. Tristan Leyds vervang Shilton van Wyk op heelagter. Justin Geduld is ingesluit as buitesenter en Luke Burger is op die bank. Jurie Matthee kry sy eerste speelkans van die seisoen op losskakel in die plek van die beseerde Kyle Smith. Onder die losvoorspelers is De Wet Marais terug op flank na sy besering en in die voorry maak Mhleli Khuzwayo sy eerste verskyning van die seisoen.