Skip to content

Rugby: VRK skop af vir die vier Suid-Afrikaanse spanne

# Rugby: Die vyfde weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap skop vandag af met die vier Suid-Afrikaanse franchises wat sonder hulle Springbokheelagters moet klaarkom. Die Stormers en die Bulle begin hulle veldtogte met tuiswedstryde in Kaapstad en Pretoria, terwyl die Haaie in Skotland is en die Leeus is in Wallis. Vanaand om 7nm speel die Stormers teen Leinster, die verdedigende kampioen en die Haaie kom teen die Glasgow Warriors om 9.05vm te staan. Saterdag speel die Bulle om 2nm teen die Ospreys en die Leeus speel teen Cardiff om 8.45nm.