Skip to content

Rugby: Voorste twee spanne skop die naweek se Curriebeker-aksie in Kimberley af

# Rugby: Die voorste twee spanne op die punteleer, die Leeus en Griekwas, skop die naweek se Curriebeker-aksie môre-middag eenuur in Kimberley af. Die Blou Bulle kom daarna op Loftus teen die Pumas te staan, gevolg deur die wedstryd tussen die Haaie-vyftiental en Boland Kavaliers in Durban. Sondag ontmoet die Stormers-23 die Cheetahs op die Athlone-stadion in Kaapstad. Die Cheetahs is nou derde op die punteleer, gevolg deur Boland, die Stormers, die Pumas, die Haaie en die Bulle, wat nog nie ‘n wedstryd kon wen nie.