Skip to content

Rugby: Voormalige Walliese flank blameer rugby-owerhede vir sy breinbesering

 # Rugby: Voormalige Walliese flank Alix Popham wil amptenare in die hof daag vir hulle aandeel in die kopbeserings wat hy en ander spelers opgedoen het. Honderde voormalige spelers voer ‘n regsgeding teen die owerhede omdat hulle na bewering nie voldoende beskerming teen herhaalde houe teen die kop gebied is nie. Die 45-jarige Popham, wat tussen 2003 en 2008, 33 toetse vir Wallis gespeel het, is vyf jaar gelede met die progressiewe breintoestand, CTE gediagnoseer. Hy sê die amptenare is deel van die rede vir die gemors waarin die spelers is.