Skip to content

Rugby: Voormalige Wallabie-losskakel Bernard Foley tree uit op 36

# Rugby: Die voormalige Wallabie-losskakel Bernard Foley gaan uittree aan die einde van die huidige Japannese seisoen. Die 36-jarige het 76 toetse vir Australië gespeel, onder meer in 2015 se Wêreldbekertoernooi in Engeland toe hulle in die eindstryd teen Nieu-Seeland verloor het, en toe weer vier jaar later in Japan. Foley het ook vir Australië se sewesspan gespeel en was in 2014 deel van die Waratahs se titeloorwinning in die Superrugby-reeks. Hy het sedert 2019 82 wedstryde vir Kubota in Japan gespeel en sluit sy loopbaan daar af.