Skip to content

Rugby: Voormalige Springbokke genooi na SA Rugby-afrigtingskursus

# Rugby: Die voormalige Springbokke Jongi Nokwe en Keegan Daniel, asook verskeie provinsiale spelers wat uitgetree het, is onder die 48 afrigters wat genooi is om later hierdie maand aan die Wêreldrugby-vlak 3-afrigtingskursusse in Pretoria en Kaapstad deel te neem. SA Rugby se senior bestuurder vir opleiding en onderwys, Hilton Adonis, het verduidelik alle aspekte van die spel sal gedek word, insluitend wedstryd- en spelerontleding, spelersevaluering en spankeuse, spelpatrone, die ontwikkeling van spelplanne en taktiek, oorwegings rakende spelerswelsyn, die ontwikkeling van oefensessies, en die bestuur van afrigtingspanne.