# Rugby: Die Bulle het bevestig dat die voormalige Springbok-senter Jan Serfontein van Montpellier by die unie aansluit. Hy voeg hom by die Bok-losskakel Handré Pollard, die Stormers-skrumskakel Paul de Wet, die voorspeler Nico Janse van Rensburg wat een wedstryd vir die Bokke gespeel het, en die Bok-slot Marvin Orie, wat almal onlangs kontrakte geteken het. Kurt-Lee Arendse en Henry Immelman is terug na korttermyn-kontrakte in Japan en by die Haaie. Die Bulle soek ‘n nuwe affrigter nadat Jake White die unie Vrydag met onmiddelike ingang verlaat het.
Rugby: Voormalige Bok-senter, Jan Serfontein, sluit aan by die Bulle