Skip to content

Rugby: Voormalige Bok-losskakel gaan na verwagting by die Bulle se afrigtingspan aansluit

# Rugby: ‘n Voormalige Springbok-losskakel gaan na verwagting binnekort as die Bulle se skopafrigter aangewys word. Die 58-jarige Vlok Cilliers, wat in 1996 een toets vir Suid-Afrika teen die All Blacks gespeel het, het onlangs van Frankryk teruggekeer, waar hy dieselfde rol vir die nasionale span vervul het. Hy was ook die Bulle se skopafrigter tussen 2004 en 2014 en het die Pretoriase span gehelp om drie Superrugby- en drie Curriebeker-titels te wen. Hy het toe by die Stormers aangesluit voordat hy in 2019 deel van Frankryk se afrigtingspan geword het.