# Rugby: Die voormalige Nieu-Seelandse kaptein, Stu Wilson, is op 70 dood. Hy het 85 keer vir die All Blacks uitgedraf, insluitend 34 toetse tussen 1976 en 1983 waarin hy 51 drieë gedruk het. Wilson was die eerste vleuel wat ʼn All Black-kaptein geword het toe hy die span in 1983 in ʼn toer van agt wedstryde in Skotland en Engeland aangevoer het. Nieu-Seeland Rugby se voorsitter, David Kirk, wat saam met Wilson op daardie toer gespeel het, sê hy was een van die beste vleuels ooit.
Rugby: Voormalige All Black-kaptein Stu Wilson sterf