# Rugby: Die Springbok-legende, Victor Matfield, glo die All Blacks gaan volgende maand deur die Springbokke se aggressiewe verdediging getoets word in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks. Nieu-Seeland het onder die nuwe afrigter, Dave Rennie, minstens vyf drieë gedruk in elk van hul drie Nasieskampioenskaps-oorwinnings oor Frankryk, Italië en Ierland. Matfield sê die Bok-span is op ʼn peil waar dit vir enigiemand baie moeilik gaan wees om hulle onder druk te plaas. Hy sê dit sal die All Blacks se grootste toets wees om teen die wêreldkampioen te staan te kom.
Rugby: Victor Matfield sê All Blacks kan moeilike toets teen Springbokke verwag