Skip to content

Rugby: Veteraan Willie le Roux oefen saam met Bokke in Durban

# Rugby: Die Springbokke het heelagter Willie le Roux ingesluit by hul groter oefengroep in Durban, waar hulle voorberei om Argentinië te takel in Saterdag se  voorlaaste Rugbykampioenskapswedstryd op Kingspark. Die 36-jarige Le Roux wat nie in die groep van 33 vir die laaste twee Kampioenskapswedstryde teen die Pumas was nie, oefen tot Woensdag saam met die span. Bokafrigter Rassie Erasmus sê hulle probeer oefen soos hulle speel, en met Le Roux in die kamp, kan hulle die gehalte van hul oefensessies verbeter.