# Rugby: Die veteraan veelsydige voorspeler Deon Fourie se kontrak by die Stormers is met ‘n jaar verleng, ondanks ‘n besering wat sy seisoen voortydig beëindig het. Die 38-jarige Fourie het vroeër die maand ‘n enkeloperasie ondergaan nadat hy op 19 April in die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Connacht in Kaapstad beseer is en vir die res van die seisoen op die krukkelys is. Hy is egter vir volgende seisoen behou. Fourie was die oudste speler wat die Springboktrui oor sy kop getrek het toe hy in 2022, drie maande voor sy 36ste verjaardag, vir sy eerste toets gekies is.
Rugby: Veteraan-voorspeler Fourie slaan verlenging van kontrak los