# Rugby: Die veelsydige Leeu-voorspeler Ruan Venter se seisoen is verby weens ‘n ernstige kniebesering wat hy vroeër die maand opgedoen het in die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Leinster. Hy het ‘n geslaagde operasie ondergaan en kan tot nege maande uit wees. Die 23-jarige Venter, wat sy enigste toets vir die Springbokke in 2024 gespeel het, sê hy is verslae oor die langtermyn-besering, maar dankbaar die prosedure het glad verloop. Hy word beskryf as een van die Leeus se uitblinkers dié seisoen wat weer in aanmerking sou kom vir die Bokke.
Rugby: Veelsydige Leeus-voorspeler Venter se seisoen kortgeknip weens ernstige kniebesering