Skip to content

Rugby: Uitklop-naweek vir Leeus, Bulle en Haaie in die Uitdaagbeker

# Rugby: Die Leeus, Bulle, en Haaie speel hierdie naweek in die rondte van 16 van die Uitdaagbeker. Die Leeus het ‘n opdraande-stryd wanneer hulle 9-uur vanaand teen Edinburgh in Skotland speel. Môremiddag om half twee is die Bulle in Frankryk om teen Bayonne te speel. Die Haaie moet wag tot Sondagaand wanneer hulle om halfsewe teen Lyon ook in Frankryk speel. Die Haaie is die verdedigende kampioene.