# Rugby: Die Wallabies se jong uitblinker-agterspeler, Joseph Suaalii, is fiks vir die wedstryde teen Fidji en die Britse en Ierse Leeus. Die 21-jarige is in Australië se groep ingesluit nadat hy van ‘n gekraakte kakebeen herstel het. Die wedstryd teen Fidji in Newcastle die sesde van volgende maand is die Wallabies se enigste opwarmings-geleentheid voor die drie toetse teen die besoekende Leeus op 19 Julie begin. Afrigter Joe Schmidt het die ervare James O’Connor, Samu Kerevi and Marika Koirobete uitgelaat vir die wedstryd teen Fidji.
Rugby: Uitblinker-agterspeler Suaalii fiks om vir die Wallabies teen Fidji te speel