Skip to content

Rugby: Twee Skotte sal hulle land verteenwoordig voor hulle in Australië by Leeus aansluit

# Rugby: Dit gaan ‘n besige paar dae wees vir twee Skotse spelers wat eers hul land gaan verteenwoordig voor hulle in Australië by die Britse en Ierse Leeus aansluit. Die loskopstut Rory Sutherland en die haker Ewan Ashman is in Gregor Townsend se groep ingesluit vir môre se toets teen Samoa in Auckland, Nieu-Seeland, waarna hulle na Melbourne sal reis waar die Leeus Dinsdag teen die Eerste Nasies-Pasifika-span speel. Townsend het sy span versterk met vyf nuwe spelers in die opdraf-vyftiental na verlede naweek se nederlaag teen Fidji.