# Rugby: Die Springbok-vroue se hoofafrigter, Swys de Bruin, het 10 nuwe spelers na die eerste belyningskamp van 2026 genooi, met 34 spelers wat van Maandag tot die 24ste in Stellenbosch sal byeenkom. Die Bok-vroue sal einde Mei in die Afrika-vrouebeker speel voor hulle die gasvroue is vir Amerika in twee toetse in Julie, en die Black Ferns van Nieu-Seeland in September. Veertien toetse word vir vanjaar beplan. De Bruin sê die fokus is om die nuwe spelers in ooreenstemming te bring met die gevestigde spelers.
Rugby: Tien nuwelinge na die Springbok-vroue se belyningskamp genooi