# Rugby: Die Walliese afrigter Steve Tandy wil ‘n deeglike fisiese aanslag sien wanneer sy span in môre se Nasieskampioenskap-ontmoeting teen die Springbokke in Durban te staan kom. Hy besef hulle gaan teen waarskynlik die mees fisieke span ter wêreld speel, en sê dis ‘n wonderlike geleentheid om hulself teen die wêreldkampioene te bewys. Tandy het ses veranderinge aan sy beginspan aangebring wat verlede naweek teen Argentinië verloor het, insluitend die versterking van sy voorspelers. Kaptein Dewey Lake het ‘n laat fiksheidstoets geslaag en sal die span lei.
Rugby: Tandy vra fisiese aanslag deur Wallis in môre se toets teen Bokke