# Rugby: Die Suid-Afrikaans-gebore Skotse vleuel Duhan van der Merwe, die Nieu-Seelandse legende TJ Perenara en Kyle Sinckler van Engeland is in die Barbarians se groep ingesluit wat volgende Saterdag in Gqeberha teen die Springbokke speel. Van der Merwe, wat in 53 toetse 35 drieë vir Skotland gedruk het, sal die beroemde trui die eerste keer dra saam met sy spanmaats D’Arcy Rae en Liam McConnell. Perenara, die All Blacks se gewese onderkaptein, het 89 toetse op sy kerfstok. Verdere aankondigings oor die span sal mettertyd gedoen word.
Rugby: Talle spelers van wêreldgehalte in Barbarians-groep ingesluit vir kragmeting met Springbokke