Skip to content

Rugby: Suid-Afrika vier 30 jaar sedert geskiedkundige Wêreldbeker-oorwinning van 1995

# Rugby: Suid-Afrika vier vandag ‘n spesiale oomblik in die geskiedenis – 30-jaar sedert die Springbokke 1995 se Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland op Ellispark in Johannesburg gewen het. Die oorwinning van 15–12 verteenwoordig ‘n verenigende oomblik in die destydse nuwe demokratiese nasie. Die Bokke het die gesogte Webb Ellis-trofee intussen nog drie keer ingepalm – in 2007, 2019 en 2023 – maar 1995 se oorwinning bly die mees simboliese. Die Bokke skop Saterdag vanjaar se seisoen af wanneer hulle in Kaapstad met die Barbarians kragte meet.