# Rugby: Die Junior Springbokke is deur na die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap se eindstryd ná hulle 48-24-oorwinning teen Argentinië in Viadana, Italië. Suid-Afrika het ses drieë gedruk met Albie Bester wat twee keer oor geduik het, teenoor Argentinië se drie. Die Junior Bokke kom Saterdag in die eindstryd teen Nieu-Seeland te staan nadat die sesmalige kampioene Frankryk met 34-26 verslaan het. Hierdie eindstryd is ʼn herhaling van die een in 2012, toe Suid-Afrika op ʼn uitverkoopte Nuweland gewen het.
Rugby: Suid-Afrika en Nieu-Seeland spook sake uit in Onder-20-kampioenskap se eindstryd