Skip to content

Rugby: Stuart Lancaster is nuwe hoofafrigter by Connacht

# Rugby: ‘n Voormalige hoofafrigter van Engeland, Stuart Lancaster, is aangestel as die nuwe hoofafrigter van Connacht in Ierland. Die 55-jarige het ‘n tweejaarkontrak geteken, en sal in Julie toesig hou oor die voorseisoen-afrigting. Lancaster is in 2011 as Engeland se hoofafrigter aangestel, maar is weg by die span na ‘n treurige tuiswêreldbeker in 2015. Hy was tot onlangs die hoofafrigter by die Franse klub Racing 92, nadat hy tussen 2016 en 2023 senior afrigter by Leinster was.