# Rugby: Die Stormers is versterk met die terugkeer van drie staatmakers voor die tweede ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die oud-Springbok Deon Fourie, die Skotse toetsspeler Oli Kebble en die vaskopstut Sazi Sandi het almal van beserings herstel en is beskikbaar om Vrydagaand in Kaapstad teen Ospreys te speel. Die Stormers het die seisoen op ‘n hoë noot begin deur die verdedigende kampioen, Leinster, 35-0 te verpletter, terwyl Ospreys in Pretoria 53-40 teen die Bulle verloor het. Die Kapenaars vertrek na die naweek oorsee vir drie wedstryde.
Rugby: Stormers versterk met die terugkeer van drie staatmakers