Skip to content

Rugby: Stormers verloor nog ‘n Springbokstut, maar drie Bokke is terug van internasionale diens

# Rugby: Die Stormers sal vir die afsienbare toekoms sonder hulle Springbok-vaskopstut, Neethling Fouché, moet klaarkom nadat hy sy arm gebreek het in Vrydag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ospreys in Kaapstad. Nog ‘n Bokstut, Frans Malherbe, sukkel met ‘n rugbesering. Afrigter John Dobson sê die goeie nuus is dat die Bok-agterspelers Sacha Feinberg-Mngomezulu, Damian de Allende en Cobus Reinach binnekort by hulle sal aansluit na hulle oorwinning in die Rugbykampioenskap. Die Stormers is tans tweede op die punteleer na die Bulle.