Skip to content

Rugby: Stormers se kaptein kan oorblywende VRK-groepswedstryde misloop

# Rugby: Die Stormers se kaptein, Neethling Fouché, kan die res van die span se Verenigde Rugbykampioenskaps-groepswedstryde misloop nadat hy gestraf is vir sy onlangse rooikaart teen Ulster. Hy is vir vier wedstryde geskors oor vuilspel. Die tugkomitee het bevind die oortreding dra ‘n straf van ses weke, maar dis verkort weens sy goeie rekord. Fouché het tevergeefs appelleer, maar sy straf kan net met ‘n week verkort word as hy die afrigtings-ingrypingsprogram deurloop.