# Rugby: Leinster se span is op volsterkte teen die Stormers in môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd op die Aviva-stadion in Dublin, met nie minder nie as tien toetsspelers. Drie veranderings is aangebring aan die Ierse span wat die Leeus verlede naweek in die kwarteindstryd 59-10 verslaan het. Die skrumskakel Jamison Gibson-Park is terug in die opdrafspan terwyl Ronan Kelleher weer op sy pos is as haker, met die flank Josh van der Flier ook weer in die begin-vyftiental. Afskop is om half-sewe die aand.
Rugby: Stormers kom teen gedugte Leinster-span te staan in VRK-halfeindstryd