# Rugby: Die Stormers se Springbok-haker, André-Hugo Venter, sê enige plek onder tweede op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer sal nie goed genoeg wees nie. Die Kaapstadse span speel hierdie naweek teen Cardiff in Wallis in hul laaste groepwedstryd. Die Stormers is tans tweede op die punteleer en het reeds ‘n tuis-kwarteindstryd verseker. Venter sê hulle besef die gasheer, in sewende plek, sal desperaat wees om die uitspeelrondes te haal, maar hulle is ewe vasbeslote om in die top‑twee te eindig en ‘n tuis-halfeindstryd te verseker indien hulle so ver vorder.
Rugby: Stormers-haker sê enige plek onder tweede is nie goed genoeg nie