# Rugby: Die haker JJ Kotzé gaan eers weer middel Desember vir die Stormers beskikbaar wees nadat hy vir drie wedstryde geskors is vir sy rooikaart teen Bristol Bears in Kaapstad. Hy is eers met ‘n geelkaart afgestuur, maar dis later opgradeer na rooi. Die Stormers het appelleer teen die voorgestelde skorsing, maar ‘n onafhanklike tugkomitee het dit bevestig na ‘n hersiening. André-Hugo Venter sal die nommer twee-trui dra in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuiswedstryd teen die Walliese span Scarlets.
Rugby: Stormers-haker Kotzé vir drie wedstryde geskors na rooikaart teen Bristol Bears