# Rugby: Die groter Stormers-groep begin hulle voorseisoen-kamp vandag met ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Haaie in George. Die span kom ses-uur vanaand op Outenikwa-park teen die Durbaniete te staan. Die groep van 28 sal die grootste deel van die week in die Suid-Kaap deurbring voor die fokus verskuif na hulle eerste Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met die verdedigende kampioen, Leinster, in Kaapstad op Vrydag 26 September.
Rugby: Stormers begin kamp met vriendskaplike wedstryd in George