# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê hulle besef hulle sal môre die volle 80-minute op hulle beste moet wees in die Rugbykampioenskapswedstryd teen die All Blacks in Wellington. Daar is heelwat op die spel vir Suid-Afrika. As hulle wen, behou hulle die Vryheidsbeker wat hulle verlede jaar die eerste keer sedert 2009 gewen het. Hulle sal ook in die wedloop bly om hulle titel te verdedig en weer die nommer een-posisie in die wêreld beklee. Stick sê hulle het baie geleer uit verlede week se nederlaag in Auckland.
Rugby: Stick sê die Bokke besef hulle moet môre ‘n volle 80-minute op hulle beste wees