Skip to content

Rugby: Steve Borthwick maak Engeland se span teen die Springbokke bekend

# Rugby: Engeland se hoofafrigter, Steve Borthwick, het George Furbank, Immanuel Feyi-Waboso en George Martin in die beginspan ingesluit vir môre se Nasieskampioenskapstoets teen Suid-Afrika op Ellispark in Johannesburg. Hulle keer na ‘n lang afwesigheid terug. Jamie George sal die span aanvoer terwyl die gereelde kaptein, Maro Itoje, ‘n ruskans kry. Die 21-jarige Henry Pollock is op die bank. Borthwick sê dis een van die grootste toetse in wêreldrugby om op Ellispark teen Suid-Afrika te speel en ‘n geleentheid wat hulle opgewonde gaan aangryp.