# Rugby: Die Springbokke het begin met hul voorbereidings vir die vier toetse in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland. Afrigter Rassie Erasmus sê die groep het goed herstel na verlede week se 17-10 oorwinning oor Argentinië. Die span het Maandag en Dinsdag na Suid-Afrika teruggekeer en het ‘n groot deel van die week gerus voordat hulle Vrydag en Saterdag voluit begin oefen het. Die reeks begin op 22 Augustus op Ellispark, gevolg deur toetse in Kaapstad, Johannesburg en Baltimore in die VSA. Erasmus sê die Bokke is gereed vir die uitdaging en sal hul voorbereidings gedurende die week afrond.
Rugby: Springbokke fokus nou op Rugby’s Greatest Rivalry-reeks