Skip to content

Rugby: Springbok-vroue speel in Julie twee toetse teen Kanada

# Rugby: Die Springbok-vroue speel in Julie twee toetse teen Kanada in Pretoria en Gqeberha as voorwedstryde vir die mans se toetse teen Italië. Kanada is tweede op die wêreldranglys en Suid-Afrika 12de. Die Bokvroue se prestasie-afrigter, Swys de Bruin, sê die bevestiging van die toetse is wonderlik omdat hulle teen die wêreld se beste spanne moet speel om gereed te wees vir die Wêreldbekertoernooi. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, sê die toetse sal die Springbok-vroue se groei en status vertoon.