# Rugby: Die Springbok-vroue het hul Wêreldbeker-veldtog gister met ‘n oorwinning van 66-6 teen Brasilië in Northampton, Engeland, begin. Suid-Afrika het tien drieë gedruk met Aseza Hele wat drie keer agter die doellyn gedraai het. Dit is die Bok-vroue se eerste Wêreldbeker-groepsoorwinning sedert 2010. Afrigter Swys de Bruin se span sal volgende teen Italië te staan kom voordat hulle die groepfase teen Frankryk afsluit.
Rugby: Springbok-vroue skop af op wenvoet in die Wêreldbeker