Skip to content

Rugby: Springbok-vroue het ‘n Oos-Kaapse geurtjie vir tweede toets teen Kanada

# Rugby: Die Springbok-vroue wat môre in Gqeberha teen Kanada speel, het ‘n onmiskenbare Oos-Kaapse geurtjie nadat afrigter Swys de Bruin verskeie veranderings aan sy groep gemaak het. Hy het Byrhandrѐ Dolf en Eloïse Webb van die bank na die opdrafspan verskuif. Dolf, wat van Uitenhage kom, begin op heelagter en Webb, ‘n oudstudent van die Nelson Mandela-universiteit wat van Oos-Londen kom, is die losskakel. Nadine Roos is intussen van heelagter na skrumskakel verskuif om nader aan die aksie te wees.