Skip to content

Rugby: Springbok-vrou Lusanda Dumke neem ‘n blaaskans om gesondheidsredes

# Rugby: Die flank van die Springbok-vrouespan, Lusanda Dumke, gaan ‘n blaaskans neem om gesondheidsredes. Die 28-jarige het 33 toetse gespeel en die span drie keer aangevoer. Sy het die Bulle se Daisies ook hierdie seisoen na hulle derde agtereenvolgende Vroue Premierafdeling-titel gelei. Die Bok-vroue se prestasie-afrigter, Swys de Bruin, sê Dumke se afwesigheid sal wel ‘n uitwerking op die span hê, maar die spelers wat aan die Wêreldbekertoernooi gaan deelneem, sal besef dis ‘n voorreg om fiks en sterk te wees en vir jou land te speel.