# Rugby: Die Springbok-senter Lukhanyo Am verlaat die Haaie om sy loopbaan in Japan voort te sit. Die 31-jarige dubbele Wêreldbeker-wenner het meer as 100 wedstryde vir die Durbanse span gespeel sedert hy in 2016 van die Southern Kings by hulle aangesluit het. Am het ‘n kontrak met die Japannese span Sagamihara DynaBoars gesluit. Hy is tans op die Springbok-bystandlys vir die jaareind-toer en sal waarskynlik eers ná die toer vertrek, maar betyds vir die begin van die Japannese Liga Een-seisoen volgende maand.
Rugby: Springbok-senter Lukhanyo Am vertrek na Japan