# Rugby: Die Springbok Deon Fourie neem die Stormers se kapteinskap oor van die beseerde Ruhan Nel vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ulster in Ierland. Die gereelde kaptein, Salmaan Moerat, is steeds uit met ‘n langtermynbesering, maar kan moontlik fiks wees vir volgende naweek se laaste groepswedstryd teen Cardiff in Wallis. Die veelsydige Fourie sal die nommer ses-trui dra, terwyl Dan du Plessis vir Nel op buitesenter vervang. Die Stormers is tans bo-aan die punteleer, met ‘n goeie kans om ‘n tuiskwarteindstryd te verseker.
Rugby: Springbok Deon Fourie voer Stormers vanaand aan teen Ulster