Skip to content

Rugby: Spelers ontevrede met Wêreldrugby se eensydige herstrukturering van Wêreld-Sewesreeks

# Rugby: Die Internasionale Rugbyspelersvereniging sê hy is nie geraadpleeg voor Wêreldrugby die Wêreld-Sewesreeks hersien het nie. Die beheerliggaam het die aankondiging gedoen net voor die laaste toernooi van die seisoen in Los Angeles, Amerika, wat Suid-Afrika gewen het. Ingevolge die nuwe formaat bestaan die reeks slegs uit agt elite-spanne wat aan ses toernooie deelneem. Daarna sluit vier spanne van die nuutgestigte Afdeling Twee by hulle aan vir drie toernooie in ‘n Wêreldkampioenskapsreeks. Spelers voel dit sal slegs die ryker nasies bevoordeel en nie opkomende lande help ontwikkel nie.